Méér oor Finesse 4:12 Meisie

Finesse 4:12 Meisie met redakteur Janine Truter wil jou tienerdogter bemagtig om haar plek nou al vol te staan, in die klas, op die sportveld en tussen vriende. Dié inisiatief is uit 1 Timoteus 4:12 gebore: Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges ’n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid.

Janine is ’n predikant, motiveringspreker en skrywer. “Ek weet van al die dinge waarmee jong meisies elke dag sukkel. Dit sou my baie gehelp het as iemand al hierdie dinge vir my vertel het,” sê sy.

Finesse 4:12 Meisie is presies wat meisies nodig het: raad oor styl, verhoudings met ouers, vriende en kêrels, en hoe om die Bybel te verstaan. Die app het ook ’n funksie waar hulle vrae kan vra waaroor hulle dalk ongemaklik voel. Janine sal daardie vrae beantwoord.

Méér oor Janine Truter

Janine Truter is `n NG predikant, motiveringspreker, skrywer, skoonheidstitelhouer en modelafrigter. Sy streef daarna om die twee wêrelde van skoonheid en teologie te kombineer. Sy is passievol oor die bemagtiging van jong meisies en wil elkeen leer hoe om haar identiteit te ontdek en haar unieke roeping uit te leef. Janine is ook die ambassadeur van Finesse 4:12 meisie.