Finesse Meisie
  • Tuis
  • Méér oor ons…
  • Ons redakteur
  • SKERP
  • SLIM
  • SEKER
  • Karis se storie
Finesse Meisie
  • Tuis
  • Méér oor ons…
  • Ons redakteur
    • Janine Video’s
    • Vra vir Janine
  • SKERP
    • Net vir girls
    • Hoe om…
  • SLIM
    • Jy en hulle
    • Jy en sy
    • Jy en hy
  • SEKER
    • Dagstukkies
    • Dit maak saak
  • Karis se storie
Net vir girls ~ SKERP

Girl, geniet jou jong dae!

26 Desember 2017
Girl, geniet jou jong dae!

Die lewe is kort en voor jy jou oë uitvee, is jy 70 en sit jy op die stoep en wens jy het dit of dat gedoen toe jy jonk was. Voor dit gebeur, volg hierdie vier tips om NOU die beste van elke oomblik te maak:

Wees positief. Halfvol of halfleeg, onthou? Sê elke dag vir God dankie dat jy die son sien opkom. Sê dankie vir jou talente en dat jy jonk en gesond kan wees.

Lag. As jy gelukkig voel, selfs al beleef jy af en toe negatiewe gevoelens, smile daaroor – selfs wanneer jy foute maak of embarrassing oomblikke beleef. Dit sal ander mense na jou toe aantrek. En ook daai oulike goedvoelhormone vrystel wat jou sal help om moeilike situasies so cool soos ’n komkommer te hanteer.

Aanvaar komplimente. Wanneer iemand jou komplimenteer, is dit net goeie maniere om dit te aanvaar en “dankie” te sê. Dit sal jou nie net op daardie oomblik ’n high gee nie, maar ook sommer jou hele self image ’n hupstoot gee.

Go for it! Moenie halfhartig deur die lewe gaan nie. Lewe voluit!


Niks kom tussen julle nie
Wat soek al die dorings hier?

You must be logged in to post a comment.

Soek

kopiereg © 2017
  • Juliet by LyraThemes.com