Hierdie week gaan jy besef watse voorreg dit is om ’n familie te hê. Jy is nie al een wat dink jou broer of suster is lame, of jou ouers is outyds nie. Al dink jy partykeer jy wil net jou tassies pak en op ’n Kulula-vlug spring, moet jy besef dat dit die grootste voorreg is om deel van ’n gesin te wees.

Ja, dit is moeilik as daar sewe verskillende persoonlikhede in een huis is, maar dit is nie die einde van die wêreld nie. Later sal jy besef: dit hou die lewe interessant.

Jou gesin is spesiaal vir jou gegee; hulle is jou backbone; die mense wat vir jou sal opstaan en fight; wat jou sal ondersteun en in jou sal glo. Daarom is dit belangrik om tyd te maak vir mekaar, om jammer te sê en om saam te lag en pret te hê.

Selfs al het jy ’n halfboetie of -sussie, onthou dat Jesus jou gesin vir jou geleen het en daarom moet jy leer om lief te wees vir hulle. Moenie kwaad gaan slaap nie en moenie uitmekaargaan sonder om te groet nie.