Finesse Meisie
  • Tuis
  • Méér oor ons…
  • Ons redakteur
  • SKERP
  • SLIM
  • SEKER
  • Karis se storie
Finesse Meisie
  • Tuis
  • Méér oor ons…
  • Ons redakteur
    • Janine Video’s
    • Vra vir Janine
  • SKERP
    • Net vir girls
    • Hoe om…
  • SLIM
    • Jy en hulle
    • Jy en sy
    • Jy en hy
  • SEKER
    • Dagstukkies
    • Dit maak saak
  • Karis se storie
Jy en hy ~ SLIM

Wat dink ouens regtig?

25 Maart 2018
Wat dink ouens regtig?

Pouses staan hulle in geheimsinnige groepies saamgebondel. Stap ’n oulike meisie verby, word daar eers gestaar en dan het elkeen iets te sê. Klim saam met ons in die kop van die gemiddelde 16-jarige ou en vind uit wat hulle laat tiek as dit by girls kom …

“Ag hierdie ou rok” of “Ek sukkel ook met wiskunde” gaan dit nie vir hom doen nie.

So jy het gedink hulle is ’n spul hormoongedrewe buffels. Wel meisies, het ons nuus vir julle! ’n Onlangse studie deur Finesse meisie bewys die teendeel –  hulle het toe after all harte en die meeste van hulle is manne met inbors! Moeilik om te glo?

lyftaal

Wat wel maklik is om te glo, is die feit dat meeste ouens nie wonder hoe slim jy is terwyl jy wegstap nie. Meer as die helfte van die ouens (70%) het erken dat hulle met ’n meisie sal uitgaan net oor haar lyf. Gelukkig het die meeste dan bygevoeg dat jou persoonlikheid ook darem “hot” moet wees. Net 1% van die ouens het gevoel ’n meisie behoort nie uitlokkend aan te trek nie. Dus meen hulle ’n bietjie cleavage en ’n stywe broek sal nie skade doen nie, mits dit stylvol gedoen is. Dalk is dit ’n veiliger opsie om aan te trek waarin jy gemaklik voel. En luister maar na jou pa se kommentaar wanneer jy nie na sy smaak aantrek nie. Onthou, hy was ook 16 en weet wat in ouens se koppe aangaan.

Net ingeval jy jouself nou ’n oujongnooi wil verklaar – daar is ’n silwer randjie om hierdie wolkie. Die oorgrote meerderheid (82%) het nog nooit hul meisies verneuk nie – nogal gerusstellend nê! Uit die 19% wat al op ’n seksuele vlak meer van ’n meisie verwag het as wat sy bereid was om te gee, sou slegs 1% met ’n meisie uitmaak omdat sy nie aan sy eise wou voldoen nie. Vir meer as die helfte was dit ook nie belangrik wat sy vriende van jou dink nie, solank hy mal is oor jou.

Net soos ons girls het ouens ook warm onderwerpe wanneer hulle die talent in hul skool bespreek! Heel boaan die lysie is lywe (dit sluit in borste, boude en bene in geen spesifieke volgorde). Vir die van ons wat minder goed bedeeld is, het persoonlikheid en kleredrag darem ook die lysie gehaal. So jy kan maar vanaand met ’n geruste hart gaan slaap as jy ’n toptien-balkie het vir akademie, maar ook op hoogte is van die jongste modes.

ek wonder of hy van my hou …

Dit is nie net die grootste onsekerheid wat ’n meisie se hart kan vul nie, maar ook die onderwerp waaroor baie girls pouses gesels. Hoe weet mens as ’n ou van jou hou? Hier is die topses leidrade waarna jy moet oplet:

  • Oogkontak girls! Jy sal hom alewig uitvang dat hy skelm vir jou kyk … of eerder na jou staar. Hy sal dan vinnig wegkyk as julle oogkontak maak.

As hy nie te skaam is nie, sal hy probeer om ’n staring-kompetisie met jou te begin en dalk selfs vir jou oogknip.

  • Hy sal mooi dinge van en vir jou sê. So as jy ’n kompliment kry, is hy warm op jou spoor!
  • Hy sal jou nommer kry en jou SMS, veral voor slapenstyd.
  • Hy sal jou terg en simpel grappe maak om jou te laat lag.
  • Hy sal pouses by jou staan en hard probeer small talk maak.
  • Hy sal spesiale gunsies vir jou doen en uitvis of jy ’n ou het.

dinge om nie te doen nie …

Wonder jy hoekom hy homself alewig uit die voete maak wanneer jy en jou vriendinne praat oor hoe hartseer gisteraand se episode van Grey’s was? Die hartseer waarheid is dat ouens dit erg irriterend vind as meisies te veel lag. Vir jou en jou vriendinne voel dit of julle lag, maar seuns se ore tel ander frekwensies op en vir hulle klink dit of julle in ’n histeriese giggelbui uitbars. En as jy hom regtig die skrik op die lyf wil jaag moet jy meer praat as wat nodig is. Hou die woordtelling maar laag aan die begin. Wys hom jou sprankelende persoonlikheid, maar wees versigtig om hom met inligting te oorlaai.

Moet ook nie ’n ou voorskryf wat om te doen nie. Maak eerder voorstelle en oortuig hom om iets te doen sonder dat hy dit agterkom. Verder wil ouens nie altyd weet wat hulle verkeerd doen nie. Laat dit eerder gaan en komplimenteer hom wanneer hy iets doen wat oulik is.

’n Baie belangrike ding om te onthou, is om jou ou se komplimente te aanvaar as hy dit uitdeel: “Ag hierdie ou rok” of “Ek sukkel ook met wiskunde” gaan dit nie vir hom doen nie. Net soos ons girls haat ouens dit ook om aan ’n lyntjie gehou te word. Speel eerder van die begin af oop kaarte met die man en vergeet van ’n plan-B. Hoe sal jy voel as jy iemand se tweede of derde keuse vir die Valentynsbal was?

 uit die perd se bek…

Hier is ’n paar reguit antwoorde wat die ouens met ons gedeel het en jou kan help om dié spesie beter te verstaan. Die topvier goed wat ouens aantrek is …

  • ‘n goeie selfbeeld;
  • ’n oulike persoonlikheid;
  • ’n vriendelike glimlag;
  • ’n meisie wat nie te skaam is nie.

Jy sit die ouens af as jy …

  • flirt terwyl jy ’n ou het;
  • te kaal aantrek;
  • onversorg is;
  • nie jou tande borsel nie;
  • jaloers is;
  • lelike tone het!

 

Die meeste ouens dink ’n meisie is goedkoop as sy “nie nee kan sê nie”, “sy op die eerste aand vry”, “sy rondslaap” of “toelaat dat ouens vuil grappe voor haar vertel”. Hier is nog ’n paar van die manne se voorkeure:

  • 48% het hakke bo flipflops gekies.
  • 68% het lang soene bo stywe drukkies verkies.
  • 1 uit elke 7 ouens wou eerder saam sy meisie gaan gym as om voor die TV te cuddle.
  • En … dit was gelykop tussen die ouens wat van natuurlike lippe hou en dié wat lip gloss verkies.

Karis se storie oor tienerseks Hoofstuk 6 Deel 2
Maak vrede met jouself

You must be logged in to post a comment.

Soek

kopiereg © 2017
  • Juliet by LyraThemes.com