“Ek voel baie so half geknak, en sommer aaklig, so of ek dit nie gaan maak nie. Is ek dalk een van God se ‘fabrieksfoute’?”

Ek en jy gooi maklik gebreekte goed weg, maar nie Jesus nie! Hy breek nooit ’n geknakte riet af of gooi ’n stukkende mens weg nie. Hy maak jou heel.

Jesus sal nooit ’n dowwe lampie dood­blaas nie, want Hy het geduld. Hy knip miskien ’n bietjie reg, trek ’n bietjie hier en

daar iets groots verkeerd is.

Miskien gaan haar ouers skei. Dalk voel sy depressief en oorweeg selfmoord. Of sy het met dwelms experiment en is nou verslaaf.

Jy weet nie hoe om haar te troos nie, of dalk verstaan jy nie die hartseer nie omdat so iets nog nooit met jou gebeur het nie. Maar net die feit dat jy daar is en omgee, beteken al baie vir jou vriendin. En sy waardeer dit dat jy haar nie veroordeel nie.

Om vir mense wat hartseer is iets te beteken, kan jy altyd probeer om die volgende te doen:

Laat hulle praat, en luister jy maar net. Moedig hulle aan om te praat deur jou kop te knik en simpatie uit te straal deur jou oë, gesig en houding.

Moenie skrik vir trane en snikke nie. Laat haar huil. God het vir ons trane gegee as ’n uitlaatklep wanneer ons harte vol seer is.