Hierdie week praat ons ’n bietjie oor die manne … Partykeer verpes jy hulle en ander dae kan jy net nie genoeg van hulle kry nie. En die snaaksste is hoe ouer jy word, hoe ouliker word hulle …

Hokaai, stop die lorrie! Oulike Japie in Graad 9 mag die most talked about outjie in die skool wees, maar jy moet self besluit of hy ’n goeie roep of ’n slegte ene is. Ja, jy gaan tonne crushes in jou lewe kry en daardie butterflies en lam knieë-oomblikke gaan jou laat hakkel so lekker kry jy. Maar daar is ’n punt in ’n meisie se lewe waar sy moet besluite neem oor kêrels en so aan.

Verhoudings is ’n ding wat Jesus aan ons gegee het, maar Hy sê ook dat daar sekere perke moet wees terwyl jy nog nie ’n ring aan jou vinger het nie.

Pasop … ouens kan jou maklik verlei en laat voel asof jy die shizzle in sy nizzle is. Daar is oulike mannetjies en jy mag maar dolverlief wees op hulle, maar jy kry ook bullebakke wat jou net wil gebruik.